Anita

Ek is so dankbaar dat ek jou kon ontmoet en ek waardeer jou sagte, maar tog duidelike manier van rigting gee. Dit was in my hart om dit die week te doen en daar kom die Here en maak die pad.

Dankie vir al die info, dit gaan my ‘n rukkie besig hou, maar ek vertrou dat alles in plek sal val en dat volgende keer wat ons ontmoet daar ‘n transformasie sal wees.

Mooi bly en liefde,

Anita

 Sanet

Ek het nie genoeg woorde om vir jou dankie te se nie!!

Al jou inspirasie van woensdag met die funksie!! Die liefde van Jesus straal uit jou. Dit is so aansteeklik! Ek het al jou woorde soos n spons ingesuig. Jys n besonderse mens met n besonderse gawe! Dit was n groot voorreg om na jou te kon luister, die wat nie daar was nie, het baie gemis.
Dankie dat ek Saterdag met die rit Parys toe my seer met jou kon deel. Dit is stremmend om so by my werk aangeval te word. Jy het gese ek moet fyn luister na God se stem. Baie dankie daarvoor! Hy praat baie met my dmv. drome en in die natuur. Ek is so afhanklik van die Here. Deur my skeisaak het Hy baie tekens van bemoediging op my pad gestuur, waarvoor ek baie dankbaar is. Ek glo met my hele hart dat ek weer my deursettings vermoe sal terugkry. En ook die jare lange seer binne my sal genees.
Saterdag daar in Parys het ek die aanhaling gekry, by n foto van n windpomp en n donkie.

Wees geduldig….. Alles gebeur op sy tyd!!!! Die windpomp gaan soek nie die wind nie!!

Dit was net nog n bevestiging van Bo af. Ek se dankie vir die liewe Vader dat hy jou op my pad gestuur het!
Nogmaals baie dankie vir jou ek is net spyt ek het nie Vrydag die sessie wat jy aangebied het bygewoon nie. Jy is n groot inspirasie vir baie vrouens. Jy behoort eintlik jou gawe met mans ook te deel.

Sanet

 

Clare

I am 57 and have felt for some time that I needed to visit an image consultant to help me look my best. My visit to Nina was my birthday present from my husband and I was very excited!
Nina asked me to reflect on my current style and also ask a few friends and family for words that describe my positive qualities. This was such a special experience as they wrote uplifting words. These words began to paint a picture that I realized I was not reflecting in my “style”.
Nina added a special dimension to the consultation, as she used great wisdom and insight to help me discover a part of me that had been suppressed and certainly was not reflected in the clothes I wore, let alone my hair and makeup.
I had thought I had a classic style that was muted and many of my clothes were dark and more severe. This is a direct contrast to the me that teaches with passion and joy as I share with others what I have experienced in my walk with God.
As we worked through Nina’s Programme, it became very clear that I was not primarily a quiet dove (although I can be at times) or a strong dominant woman ( although I have aspects of that in me)  but one who changes the atmosphere around me, a giver of life and joy!!
I am thrilled to be set free to express my true personality in the way I dress and wear my hair and make-up. I want my clothes and style to uplift others so that they get the full benefit of the Life that lives within me!

Thank you Nina, for being a spiritual midwife as you took me on a journey of discovery! No apologies! I am free to be who I was made to be!! A vivacious and vibrant woman who sparkles!!
God bless,

Clare

Juanita

Briefie van ‘n kliënt vanoggend! Weereens baie dankie vir ñ wonderlike en verrykende oggend wat ek saam met jou kon wees, vir die raad en leiding en dan vir die wonderlike rustigheid en kalmte wat ek ervaar het. Wat vir my uitgestaan het was jou geloof en liefde vir ons Skepper en Vader. Ek het so geseënd gevoel toe ek van jou af huistoe ry!

Ek het met ander oë na my klerekas gekyk….al die vaal kleure eenkant gesit en besef hoeveel helder kleure daar nog oor is waarmee ek kan meng en pas. Nou kan ek regtig begin uitsorteer en begin met beplanning en onnodige verkeerde aankope ……..my eerste oorwinning!
Groete
Juanita

1

Marlene

Ek het die konsultasie verskriklik geniet!
Dit het regtig gevoel – soos jy ook aan die begin genoem het – of daar ‘n paar lae van my afgehaal word van wie en wat nie ek is nie, om myself iewers daar onder te kry! Ek het nooit eers besef ek kruip weg nie! 
Dit is ook so lekker gewees omdat ek voel die tydsberekening so perfek was met dit waarmee die Here ook die afgelope tyd met my praat. Ek het nooit eers daaraan gedink nie, maar besef dit is nou na Sy tyd met my! Anri Dankie Nina! Dankie Dankie Dankie! Was n awsome dag! Vanaand kan ek weer jubel in die Here!! 

Marlene

 

Susan

Dankie Nina! Dis absoluut awsome om in ritme te wees met wie jy is. Iets wat mens glad nie verstaan wanner jy uit ritme is nie!  Dit was onderdaad n day well spent! Dis nou n totale ander ondervinding as ek voor my kas staan om aan te trek!

Susan

Nioma

Liewe Nina

Ek wil al die hele week kom sit en vir jou skryf om DANKIE te sê vir die kosbare tyd wat ek en Marian Dinsdag by jou kon hê. Daar is so baie wat ek sou kon sê, maar ek weet sowaar nie hoe om dit alles te verwoord nie.
Dalk in kort maar net iets van wat ek en Marian saamstem ons ervaar het:Bediening. Daar is ‘n salwing op wat jy doen. Dit is die “vreemdste”nervaring. Terwyl die gesprekke rondom klere en styl en liggaamsvorme en
kleure gegaan het, het dit ook glad nie daaroor gegaan nie!? Ek voel in my menswees gevoed! Ek voel in my identiteit versterk en getroos (as dit vir jou sal sin maak?). En ek is vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd
opgewonde om verder BY DIE HERE TE GAAN HOOR hoe Hy my sien?! Ek is versterk in my roeping! En ek besef terwyl ek dit hier skryf dat dit oorweldigendmoet klink, want hoe kon dit alles tydens die besoek aan jou gebeur het? Ek dink die besoek was net ‘n katalisator en jy ‘n instrument en ek wil vir jou baie dankie sê dat jy gehoorsaam aan die Here is! Afgesien van wat jy doen, is jou eie menswees en gawes so mooi in plek dat dit net verder bydra tot die geseënde ervaring.
Die ander blessing is die profetiese betekenis Woorde en simboliek wat jy vir my gegee het. Ek wil net een voorbeeld vir jou noem.

1. SUBSTANCE: Ek is ontsettend lief vir die Woord van die Here. Daarmee saam is ek ‘n teacher. My grootste frustrasies in my werk is dat ek dieper wil preek as net bolangse en “maklike” boodskappe. Ek wil delf; grawe; ontgin; blootlê; verbande ontdek.  Die woord wat jy vir my gegee het, vir my rigtinggewend was; my weer oortuig het; my vrede gegee het. Ek moet SUBSTANCE gee aan my lering en klaar!! Dit is wie ek is!!
Daar is soveel meer, maar nou is dit ‘n journey en sien ek uit om dit te stap.
Ons het lekker gaan klere koop!! Nie veel nie – maar ‘n begin gemaak! En dit is…………………..HEERLIK!!!

Marian se hare is so so so mooi!! Dit is PERFEK om die waarheid te sê.  Ai Nina………………..DUISENDE DANKIES!!! Hoor my hart…..

Baie liefde
NIOMA

2

UA-72534249-1